|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
Piekniekrol |
 |
|
Die vleis wat u gebruik, moet verkieslik stukkies skenkel bevat
aangesien die natuurlike gelatien die stollingsproses aanhelp. Gebruik
liewers fyngekapte vleis in plaas daarvan om die vleis in blokkies te
sny. Geur goed aangesien die dis koud bedien word. Verwyder ook alle
senings en stukkies vleis wat nie maklik sal sny nie. Laat vleis toe om
goed af te koel maar nie te stol nie. Plaas 'n reghoekige stuk waspapier
op die werksoppervlak en bedek met 'n lagie kleefplastiek. Skep die
vleis daarop en druk stewig daarop vas. Volg met 'n volgende lagie
kleefplastiek. Rol versigtig met koekroller en probeer dit so reghoekig
moontlik hou totdat dit sowat 1cm dik is (onthou dat dit sal kraak
indien dit te dik is, en sal breek indien dit te dun is).
Roer nou 'n halfkoppie vars
gekapte soetrissie in 'n bak roomkaas met geroosterde soetrissie.
Blanseer jong, vars spinasie vinnig en bedek met yskoue water. Dreineer
en druk versigtig droog met 'n papierhanddoek. Verwyder nou die boonste
lagie kleefplastiek van die vleis. Smeer 'n egalige lagie
roomkaas-mengsel bo-op en plaas 'n enkel-lagie spinasie bo-op die
roomkaas-mengsel. Gebruik die kleefplastiek en waspapier om jou te help
en rol nou die vleis versigtig in 'n rol. Bedek die hele rol met
kleefplastiek en plaas in 'n Franse-Broodpannetjie (om die vcrm te behou)
en laat vir sowat 5 ure in die yskas om te stol. Rooster sowat 'n
driekwart koppie sesamsaad in die oond tot bruin. Laat goed afkoel.
Verwyder die plastiek en rol die vleisrol in die sesamsaad. Bedien met
'n lekker brood en vars slaai.
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
gerolde springbokrib |

Glasuursel
15 ml suurlemoensap
15 ml sojasous
125 ml appelkooskonfyt
125 ml sherry
Meng en smeer rib in.
Bedien met ingelegde kwe-pers, blomkool met kaassous en pampoenkoekies. |
|
Bedien 10
1 Springbokrib, ontbeen
(dit is maklik om te ontbeen, maar indien jy voel jy wil dit liewer aan
iemand professioneel oorlaat, vra gerus jou slagter)
250g
gemengde droė vrugte
250g
spek
sout
en peper na smaak
2
knoffelhuisies, gekneus
wyn
om oor die vleis te sprinkel
vleisekstrak
olyfolie
tou
om die rib te bind
Marineer die knoffel vir
twintig minute in die olyfolie om die heur te absorbeer. Vryf die hele
rib in met die knoffel-gegeurde olyfolie en geur met sout en peper (onthou
dat spek in die vulsel gebruik word, moet dus nie te veel sout gebruik
nie). Plaas stroke spek oor die rib. Pak nou gedroogde appels, perskes
en pere oor die hele oppervlak van die rib (moenie appelkose gebruik nie
omdat dit te suur is). Rol die rib op en maak netjies vas met tou. Vryf
nou die buitekant van die rib in met olyfolie. Verhit olie in 'n pan en
verseėl die rib aan beide kante om vleissappe binne te hou. Plaas die
gerolde rib op tinfoelie met die blink kant aan die onderkant. Sprinkel
liggies met wyn en geur met sout en peper. Plaas twee van die ribbebene
op die foelie met die vleis, en rol dit saam met die vleis op (om die
geur uit te bring)Plaas die vleis in 'n kasserolbak en voeg 'n bietjie
water by sodat die rib in sy eie sous gaarstoom en nie in die water nie.
Voeg 'n klein bietjie water by gedurende die kookproses om te keer dat
die dis nie verbrand nie. Dit hang van u af hoe lank die vleis moet bak
- afhangende van die graad van gaarheid wat u verkies. Wanneer die rib
gaar is, verwyder die foelie en verbruin die vleis of smeer met
glasuursel. Laat die rib om te rus in die warmoond en verwyder die tou.
Sny en maak 'n sous met die pansouse om saam met die vleis te bedien.
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
|

|
springbokboud
voorberei in 'n weber |
 |
|
Bedien
6-8
1 Springbokboud, goed gemarineer en rypgemaak
250ml mango- of lemoensap
250ml vars suurlemoensap
250ml olyfolie
sout en varsgemaalde swart peper na smaak
1
gekneusde knoffelhuisie
10ml gemengde kruie
Meng al die bestanddele
vir die marinade en los vir een dag. Sif die marinade en spuit die boud
daarmee in, een dag voor die voorbereiding. Plaas die boud in die Weber
vir sowat een uur of totdat 'n termometer die interne temperatuur op 60
tot 70 grade C meet.
Die boud moet verkieslik
nog ligroos aan die binnekant wees. Laat die boud vir 'n paar minute rus
voordat dit gesny en bedien word. Gebruik 'n groot inspuitnaald met 'n
dik naald indien 'n kommersiėle inspuitnaald nie beskikbaar is nie.
Hierdie boud is nie ontbeen nie, en selfs al word dit tot drie dae lank
gemarineer, sal die marinade net aan die buitekant geproe word - daarom
is dit verkieslik om die boud met die marinade in te spuit. Bedien met
sampioensous. |
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
Groenvlei:
31°49.33(S) 24°14.72 (E) |
|
|
|
Lynne's Place:
S
32°15.014' E 24°31.986' |
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
| |
|
|
|
Jeffreys Bay:
S
34°03.153' E 24°.55.054' |
|
|
|
Acacia:
S
32°25.061' E 24°52.954' |
|
| |
|
|
|
|
|
|
|
|
|