|
Ons deel graag met u
ons byvoeging tot die Groenvlei Plaas Gastehuisbesigheid! Alhoewel
ons nie persoonlik daar is om u te verwelkom nie, glo ons dat u tuis sal
voel en u verblyf terdeë sal geniet.
Die
hele huis is tot u beskikking. Daar is baie om te ontdek en te ervaar in
ons lieflike dorp, Graaff-Reinet - besoek gerus die
Publisiteitsvereniging vir meer inligting of kyk deur ons leêr.
Die huis is lieflik ruim
met drie slaapkamers, een en 'n half badkamer en twee groot sitkamers.
Daar is twee dubbel-slaapkamers en een slaapkamer met twee enkelbeddens
en 'n ekstra bed in die portaal en 'n slaapbank in die sitkamer (slaapplek
vir agt mense indien nodig).
Benewens TV, lugverkoeling,
dakwaaiers of verwarmers, is die kombuis ook volledig toegerus vir met
'n mikrogolfoond, tee en koffie, beskuit en buite-braaigeriewe.
Die huis
word ook volledig gediens en skoongemaak nadat u vertrek het. Daar is
genoegsame veilige parkering vir twee voertuie met waentjies sodat u,
nadat u parkeer het, kan stap na Spar, die Spur, restaurante, museums en
ander interessante plekke sonder om u oor die veiligheid van u voertuie
te bekommer. Reëlings sal getref word
sodat u die sleutel kan afhaal. Ter
bevestiging van u
bespreking, sal reëlings getref word, vir die afhaal van die sleutel
TARIEWE:
R220 per volwassene wat deel
R110 per kind onder twaalf
R800 maksimum koste per gesin
R700 vir vier volwassenes
R900 maksimum koste vir 5-8 volwassenes
R900 maksimum koste vir twee gesinne - tesame bespreek
|