|
SOLITAIRE Jefferysbaai
Geniet 'n see vakansie in Jeffreysbaai by die gewilde "Seaviews
Vakansieoord", stapafstand vanaf die hoofstrand. Die gerieflike
tweeslaapkamehuis, tesame met 'n aparte eenmanwoonstel, bekend as
"Solitaire Nommer 14" bied slaapplek vir 8 persone.
Daar is 'n
kamer met 'n dubbelbed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed, plus
enkelbed, en albei kamers het ingeboude kaste. Die sitkamer het twee
enkelbeddens. Die aparte woonstel met eie badkamer het ook 'n dubbel-
en enkelbed, yskas & ketel.
Parkeer u motor veilig by die huis, vermy die verkeer en stap na al
die strande, winkels, insluitend die
wêreldberoemde Billabong- en Country Feeling-winkels.
Die huis is uitstekend toegerus vir selfsorg met 'n groot yskas,
mikrogolfoond, wasmasjien en TV (Bring jou eie dekodeerder en kaart
saam, daar is 'n DSTV- skottel)
Ontspan by die ingeboude braai op die houtdek en geniet 'n uitsig
oor die blou oseaan. Die vakansie-oord het 'n pragtige swembad, twee
tennisbane (bring jou eie raket en tennisballe) en speelparkie vir
kleiner kinders. Die groen grasperke en oop ruimtes bied 'n ware
gevoel van vryheid binne-in die streng-beheerde en veilige
vakansie-oord.
Doen navraag oor ons spesiale buite-seisoen- en gesinstariewe. Bring
asseblief eie bad- en strandhanddoeke!
GET away, come to J-Bay! |