|
Volledig
toegeruste akkommodasie is beskikbaar vir selfsorg of volle verblyf
in 4, 2 of 1 slaapkamereenhede.
Elke eenheid
is privaat met daaglikse skoonmaakdiens sodat u lekker kan ontspan.
Hout- en
braaigeriewe is beskikbaar met elektriese komberse en 'n kaggel vir
die koue winteraande wanneer sneeu soms voorkom.
Groenvlei is
bekend vir hul heerlike plaasetes en die spyskaart bestaan gewoonlik
uit gebraaide lamsboud, wildspastei, gebakte aartappels, vars
groente, slaai en melktert.
Onthou egter dat maaltye en
spyskaart samestellings met graagte vir u aangepas sal word
LET WEL:
Daar is altyd tee, koffie en melk in u eie eenheid beskikbaar om te
geniet net wanneer u wil.
Onhou u is ver van winkels af -
bring dus genoeg versnapperinge saam.
ONGELUKKIG WORD TROETELDIERE NIE TOEGELAAT NIE
Tee, koffie, melk
en tuisgebakte beskuit altyd beskikbaar! |