|
BESKRYWING:
Acacia
Gastehuis is sentraal geleë in 'n stil en veilige area, binne
stapafstand van restaurante, winkels en toeriste-aantreklikhede. Ons
bied privaat, smaakvolle en bekostigbare verblyf aan enkelinge,
gesinne en klein groepies gaste, met toesluit-parkering.
AANWYSINGS:
Wanneer u die dorp binnekom vanaf Middelburg / Cradock (N9), draai
regs in Caledonstraat, oor die vierrigtingstopstraat tot u
Caledonstraat 87 op die linkerkant kry. Wanneer u die dorp binnekom
vanaf Port Elizabeth / Aberdeen (N9), ry reguit aan tot by die Groot
Kerk. Gaan dan aan rondom die kerk en draai dan links in
Caledonstraat by die stopstraat. Ry aan tot u nommer 87 aan die
linkerhand kry.
GERIEWE:
·
Privaat ingang
·
Yskas
·
Privaat badkamer
·
Stort
·
Linne
·
Handdoeke
·
Ten volle toegeruste kombuis
·
Tee
en koffie-geriewe
·
Ys in die somerWaaiers
·
Waaiers
·
Verwarmers
·
Bababedjie
·
TV (met MNET)
·
Gediens
·
Braaigeriewe
·
Veilige parkering weg van die straat af
·
Kinders welkom
TARIEWE:
R220.00 pp wat
deel
R250.00 enkel |